Tel: 016 100 0800  |  Fax: 086 240 3680 | acsenna@mweb.co.za

FOR EVERY NEED WE WILL HAVE A SOLUTION, GIVE US A GO!

NOVEMBER 2016

Beste Kliënt

Met die einde van die jaar op hande is ’n mens geneig om belangrike besluite tot die Nuwe Jaar uit te stel. Sommige besluite moet egter nóú, eerder as later geneem word.

Een so ’n besluit is hoe om jou jaarlikse bonus te gebruik. Om dit verstandig aan te wend kan jou baie geld spaar en jou aftreeneseier ’n stewige hupstoot gee. Nog ’n saak waaroor besluit moet word, is jou mediese fonds en of jy van opsie wil verander vir die volgende jaar. Hoewel die artikels waarna ons in hierdie nuusbrief verwys deur die loop van die jaar geskryf is, is dit steeds relevant.

As jy die vakansie die langpad gaan aandurf, veral met kinders in die voertuig, sal die gemoedsrus wat padbystand bied vir ’n stresvrye rit sorg. Ons kyk na die voordele wat padbystandspakkette bied.

Ten slotte, met borskanker en prostaatkanker wat dié tyd van die jaar in die kollig is, kyk ons na die feite rondom hierdie gevreesde siektes en hoe risikodekking ’n verskil kan maak.

Vriendelike groete
Acsenna Makelaars

BESTEE JOU JAARLIKSE BONUS VERSTANDIG

Baie mense gee hulle jaarlikse bonus uit nog voor hulle dit ontvang het. Daarom sal dit raadsaam wees om te beplan hoe jy jou bonus wil bestee vóór jy dit ontvang. Deur hierdie maklike stappe te volg, kan jou bonus ’n positiewe verskil aan jou finansies maak.

  • Verdeeljou bonus persentasiegewyseerder as in randwaarde om tekeerdatjyditroekeloosuitgee.
  • Allokeer ’n redelikegrootpersentasieaan die afbetaling van hoë-rentekoerskorttermynskulden ’n gedeelte as ’n bykomendebetaling op jouhuislening. Sit dan ’n persentasieweg in ’n korttermynspaarplan om skoolgeld, huisherstelwerk, vakansiesenenigeonverwagteuitgawestedek.
  • Moenie van jouselfvergeetnie – belê ’n gedeelte in jouaftreespaarplan.
  • Sit laastens ’n kleingedeelteopsyvirvakansies.

Klik hier vir ’n praktiese voorbeeld van hoe om jou bonus te verdeel. Kontak my gerus vir raad oor die beste manier om jou bonus te spaar of te belê.

HERSIEN JOU MEDIESEFONDS-OPSIES

Lede van mediese fondse mag een keer per jaar, in November en Desember, van voordeelopsie verander. Maak gerus van die geleentheid gebruik om die verskillende voordeelopsies van jou mediese skema op te weeg en die optimale voordele te kies teen ’n premie wat jy kan bekostig.

Om die beste opsie vir jou behoeftes te kies, dink aan jou mediese uitgawes die afgelope jaar, jou persoonlike omstandighede en of dit waarskynlik oor die volgende jaar gaan verander (jy beplan dalk om met ’n gesin te begin). Hou in gedagte dat dekking vir ernstigesiektes noodsaaklik is omdat mediese behandeling duur is.

Klik hier vir meer inligting oor die faktore wat in ag geneem moet word om die beste opsie vir jou omstandighede te kies. Kontak my gerus as ek jou kan help om ’n gepaste en bekostigbare opsie te kies.

DURF JY DIÉ VAKANSIE DIE LANGPAD AAN? KOM VEILIG DAAR!

Wanneer jy in die pad val na jou vakansiebestemming toe, is ’n ongeluk, jou voertuig wat die gees gee of ’n pap wiel die laaste ding waaroor jy jou wil bekommer. Padbystand bied jou die ondersteuning wat jy nodig het om jou veilig by jou bestemming en terug te kry.

Padbystandspakkette sluit voordele en dienste in soos herstel van jou voertuig, slotmakers, wielomruiling, herlaai van pap battery, insleepdiens, veilige stoor van ’n voertuig, mediese ontruiming, motorhuur, akkommodasie en aanwysings wanneer jy verdwaal. Partypadbystandsnetwerke bied ook ’n chauffeerdiens om te verseker lede kom veilig tuis na ’n aandjie uit.

Klik hier om meer oor padbystand uit te vind. Gesels gerus met my oor dekking voordat jy met vakansie vertrek.

DEKKING VIR GEVREESDE SIEKTES

In Oktober en November word ons daaraan herinner dat kanker een van die mees algemene gevreesde siektes onder Suid-Afrikaners is. Volgens KANSA is die leeftydrisiko vir borskanker onder vroue 1 uit 29, terwyl die leeftydrisiko vir prostaatkanker onder mans 1 uit 27 is.

Om ’n familielid weens ’n gevreesde siekte te verloor, kan verwoestend wees. Nie net moet die familie die trauma van ’n geliefde se dood verwerk nie, hulle het dalk ’n broodwinner se inkomste verloor en word boonop met hemelhoë dokters- en hospitaalrekeningegekonfronteer.

Polishouers is beduidend onderverseker waar dit by risikodekking kom. Dit is meestal omdat hulle nie bewus is van die voordele van risikodekking en die risiko’s wat onderversekering inhou nie.

Klik hier vir meer inligting oor gevreesde siekte-dekking. Kontak my gerus om dekking te reël of om jou bestaande dekking te hersien.

Keep in touch

Please contact me if your circumstances or needs have changed and your financial plan needs to be updated.

Looking forward to hearing from you!